Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Trans-vaal" deur PETRA MULLER
"Trans-vaal" deur PETRA MULLER [boodskap #50327] Tue, 18 September 2001 20:20
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

TRANS-VAAL
Petra Muller

In die land van die kosmosvelde
is dit tans
met pienk en wit blomme uit sjina
en met ekstatiese skoenlappers

somer

In daardie land se hemel
is daar omgekeerde

aarde.

Storms sak bestraffend
vyfuur in die middag,
swaarweer van 'n moeder
op die kinders uit.

In daardie land van geel gras en van lou reëns
is my vriende tans leeus.
In hulle oë is 'n veldbrand aan die groei.
Die reënvoëls styg loodreg as hulle aankom;
hulle verbaster en word bruin en roep na Afrika
en sy kom na hulle aangeloop soos 'n gewapende man.

Die mooi seuns met die blou-blou oë wat ek byna ken,
het tans hul meesterlike speelgoed in die hand.
Daar slaap die groot masjiene met die een oog oop
(blits kom tweebeen aangestap) en die ander oog,
die karbied-oog van die jagter
soek dorstig na sy prooi.

Ek ken die land. Daar is ek 'n vreemdeling
met blou en wit gekleurde fabels in my hand -
‘n delfse dogtertjie wat kwyn.

O Afrika

hoe maklik is die klanke van jou naam nie,

Afrika, en

onuitspreeklik om te sê.
Vorige onderwerp: Brandaan-siklus: "Man met Horries" deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: " 'n Paternoster vir Suid-Afrika" deur LINA SPIES
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Jan 08 06:54:25 UTC 2025